|
PIET'S BILTONG SHOP |
|
|
Tel: 062 502265
* Fax: 062 502296 *
Posbus 1400 *
Okahandja |
|
Sedert November 2005 het Piet’s Biltong Shop van eienaarskap verwissel. Ons kan met vrymoedigheid sê dat dit tradisies en kwaliteit van ons produkte steeds aan dieselfde standaarde van die laaste 13 jaar voldoen. Piet’s Biltong Shop staan vir kwaliteit en nie kwantiteit nie. Dit is vir ons van die uiterste belang om ons kliente van die beste kwaliteit produkte te voorsien. ‘n Kiosk het ook op die perseel van Piet’s Biltong Shop ge-open. Besigheidsure is vanaf 07:00 tot 09:00 vir die “early-birds” wat ‘n koffie of sop wil geniet en weer vanaf 17:00 tot 19:00. Vir u gerief kan die kiosk ook na-ure besoek word. Bestellings kan gedurende kantoor-ure geplaas word en na-ure by die kiosk afgehaal word. Baie dankie aan al ons kliente vir julle voorgesette ondersteuning en lojaliteit. Piet’s Biltong Shop-bestuur en personeel nooi u hartlik uit na ons fabrieksperseel in Okahandja, h/v Mose Tjitendero en Swakopweg ASOOK na die 14de BILTONG FEES.
|
|
|
Tel: 062 502265
* Fax: 062 502296 *
Posbus 1400 *
Okahandja |
|